KragDag se Entrepreneuria Junior Entrepreneurskompetisie bied geleentheid aan jongmense:
om by die KragDag ekspo geld te maak deur hulle produkte / dienste aan die meer as 30 000 besoekers te verkoop en te bemark.
vir mentorskappe en opleiding om hulle besighede reg te struktureer en uit te bou.
om tot soveel as R10 000 in kompetisie prysgeld te wen.
om deel te word van, en geïnspireer te word vir, ‘n “Doen-jou-eie-ding” leefstyl.
As jy 21 jaar of jonger is, graag jou eie besigheid wil bou en die lewe wil stormloop met ‘n selfdoen houding, dan is hierdie geleentheid vir jou!
Van die produkte wat by vorige KragDag ekspo’s aangebied is, sluit in pottebakkery, knipmesse, vrugte, plante, kuikens en pluimvee, gedroogte vrugte, sonpaneel skoonmaakdienste, vermaak, tuisgebakte produkte, swepe, storieboekvoorlesings, naaldwerkprodukte, robotika, erdwurms, kuns, akwaponiese voedselverbouing, speelgoed, huisoppasdienste, byeboerdery en skaapskeerdery.